Wie is ek?

Ethan
Ethan
Apr 27, 2018 · 2 min read

Ek is definitief nie ‘n normale tiener nie en ek verkies dit so!

Sommige sal sê my belangstellings is vreemd of selfs eienaardig. Ek is nie ‘n ou hou van sport nie. Rugby is vir my tyd mors en ek kon nog nooit ‘n krieket wedstryd oorleef sonder om aan die slaap te raak nie.

Ek geniet dit veel eerder om met ‘n goeie biografie of misdaad-verhaal ure aan end te spandeer. Die ware ervarings van mense mense bekoor my, soos Elon Musk wat die wêreld verbeter met sy briljante innovasies of Steve Jobs wat vir ons geleer het dat iets nie die wêreld hoef te verander om belangrik te wees nie.

Familie byeenkomste voel altyd vir my soos ‘n episode van Days Of Our Lives of Egoli. Dit is skaars twee ure in dan begin Tante Anna en Oom John slaags raak deur te “vergelyk” wie van hul kinders die mees suksesvolle een is of om te debatteer wie die laaste stuk van Ouma Isobel se alombekende yskastert verdien. Somtyds is al waarna ek verlang by dié “vergaderings” ‘n bietjie rus en vrede. Selde word die droom gerealiseer.

My grootste passie is die wêreldwye stryd teen aardverwarming. Die probleem is iets wat almal gaan affekteer, ryk of arm, wit of swart, Moslem of Christen. Die ergste van alles is dat dit kan vermy word, maar daar word nie genoeg aksie geneem nie. Na die voorkoming van aard verwarming is my tweede liefde musiek. In die woorde van Martin Luther : “Next to the Word of God, the noble art of music is the greatest treasure in the world.”

Ek weet ek pas nie altyd in nie, maar die wêreld is uniek. Ek is bly ek is ook!

Ethan

Written by

Ethan

South African born and raised. Fluent in Afrikaans and English. Passions include reading, spending time with friends and seeing the world.