Ons het gedroom, begin beplan en uiteindelik gaan ons 1976 matriek-groep se 40-jarige reunie ‘n werklikheid word!

Kom geniet ‘n middag en aand van heerlike kuier, buffet-aandete en om 40 jaar se lief en leed en staaltjies te deel saam met vriende en onderwysers van ons era wat nog met ons is!

Ons is bewus daarvan dat ons groep verspreid is in alle provinsies van die land en ander hulle ook in die buiteland bevind vir wie dit onmoontlik is om by te woon. Tog, sal dit baie spesiaal wees om diegene wat nog in SA is, en veral diegene in Gauteng, te kan sien. Indien dit vir jou enigsins finansieël moontlik sal wees om hierdie geleentheid te kan bywoon, sal dit baie waardeer word!

Aangesien dit vir ons baie spesiaal sal wees om van ons oud-onderwysers wat nog met ons is en aangedui het dat hulle die geleentheid graag sal bywoon, uit te nooi, gaan ons hulle kostes moet borg. Daar is ongeveer 9 onderwysers!! Wie hulle is, sal as verrassing gehou word!

Vir diegene wat die Saterdag-oggend ‘n besoek aan die skool ook wil bring om weer bietjie “terug te loop in jou spore”, laat weet asb vroegtydig sodat ‘n reeling gemaak kan word met die skool.

Om dit prakties te hou en makliker vir almal te maak, kan gelde nou al gedeponeer word in ons bankrekening wat vir hierdie doel geopen is. Stuur net asb ‘n bewys van EFT oorplasing of deposito-strokie elke keer deur na izak@nisystems.co.za. Sodoende sal dit ons instaat stel om behoorlike kontrole van inbetalings en uitstaande gelde te kan hou. Laatste datum vir finale inbetaling