Die klein skatkissie

Steek die kerse aan,
Daar is ‘n betowering in die sagte gloei van die kerslig.
Dit behoort nooit uitgeblus te word nie,
niemand is lus om om dit te doen nie.
Die feëtjie liggies word aangeskakel.
Hulle helde die tuiste plek-plek op met hul vrolike gloei.

Hierdie is natuurlik plaasvervangers vir die ware Jakob:
Die maan, die son, en die vonkelende sterre.

In die aand is die hoop altyd daar om die maan raak te loop. 
Mens wil heeltyd in haar oë verlore raak 
sonder om eens gepla te wees oor enige hindernisse in mens se pad.

Om weer die sterre te kan sien… 
Hulle betower met die stories wat generasies lank al bou. 
En die diere — die lewende wesens wat die aarde met ons moes deel. 
Die natuurskoon met haar mooie planteryk.
Sy verras met die versteekte patrone en fynste detail. 
Haar aandag is ewe veel gefokus op groot en klein.
Mens raak verlore binne die milieu van haar skoonheid.

Dit is waarop die fokus sal wees tydens hierdie dorre winter:
Maak elke oggend die gordyne oop in die hoop 
dat die son ons sal soengroet met haar strale.
Dit verskwik die siel en hou die energie vlakke warm.