Interpretasie
Hoe maak mens…
Hoegemaak as mense jou goeie dade wat jy soveel moeite en liefde in sit, verkeerd interpreteer?
Ek skep n senario: iemand vir wie jy baie lief is en vir wie se welstand (beide fisies en emosioneel) jy diep omgee raak ontstel deur een of ander persoon (ons noem hul persoon x) in hul onmiddelike nabyheid. Instinktief raak jy beskermend. Jou brein begin oortyd te proseseer aan elke moontlike assosiasie en gevoel wat jy teenoor die persoon en omstandighede kan voel. Jy “label" die persoon as “sleg" of “selfsugtig”, of n titel in daardie lyn, en hierdie “label" vorm die basis van jou reaksie, en jou beskermings-gevoel teenoor jou persoon beheer die vlak van daardie reaksies. En jy reageer…
Jou optrede is gemotiveer deur goeie, mooi gevoelens. Gevoelens van empatie, van beskerming, van “laste deel". Maar… jou persoon is skielik anders met jou na jou optrede.
Dis hier waar ek in veg of vlug gevoel in gaan. My goeie, mooi bedoelinge word opgevat as “onvanpas” of “selfsugtig” (ook net nog “labels") en niks wat ek volgende doen of sê kan die “labels" daarop verander nie. My ligghaam gaan in skok. As ek nie asem haal en suurstof na my brein kry gou genoeg nie kies my brein automaties “veg"…nou is die leeukuil oop…
Kry ek n teugie asem in, kan my brein her-proseseer en gaan my ligghaam eerder na “vlug". Ek ignoreer van hierdie oomblik af alles en almal wat enige emosionele reaksie uit my kan lok asof hulle n stop-straat is…
Dit voel egter alles so onnodig.
Hoe gemaak as iemand jou goeie intensies misinterpreteer…?