ñ Bergfiets les by ñ apteker.

Sonder dié voorskif sal jy nie op jou fiets bly nie.

Daar is ñ term in aptekerswese wat voordeel bo risiko genoem word.

Ek het op die dit afgekom terwyl ek met een van my vriende wat ñ apteker is gesels het oor sy werk. Hy was op daardie stadium besig met sy Zuma jaar en het by ñ mediese staatsdepo gewerk waar hulle die hele Noord Kaap se staatsmedsyne vanaf versprei het.

Hy het verduidelik dat die medesyne wat vir sommige siektes voorgeskryf word is so sterk dat dit newe effekte kan veroorsaak by die persoon wat behandel word, maar as die persoon dit nie neem nie hulle sou doodgaan, en daarom was dit ñ voordeel bo risiko voorskif.

Die frase het my aandag gevang want ek dink dit kan relevant wees vir meer as medesyne omdat risiko, en die opweeg daarvan teenoor voordeel, ñ groot deel van die lewe is.

Ek onthou hoe ek vir ñ ruk lank saammet een van my ooms bergfiets gery het, ons het teen die hange van die Magaliesberg gebly en daar was ñ paar mooi roetes teen die berg wat ek en hy op saterdae gery het.

Die eeste deel van die roete was steil opdraande waarna jy op die plato van die berg gery het en dan weer anderkant afdraande bergaf is om die roete te voltooi.

Ek het aan die begin baie geval met die afdraande deel van die roete totdat die oom eenkeer langs my gestop het en soos ek orent probeer kom het en gesê het:

“Moenie vir die klippe kyk wat jy wil misry nie want dan gaan jy in hulle vasry, kyk eerder verby hulle in die oop bane wat die roete jou bied dan sal jy minder val.”

Ek het nie veel gedink van sy raad todat ek dit gevolg het nie, dit het soos ñ bom gewerk, elke keer as my fokus van die klippe na die potensiële bane geskuif het in die roete het ek baie minder geval.

Om daardie roete te voltooi het vereis dat ek somtyds voordeel bo risiko plaas om op my fiets te bly. As ek die klippe(risiko’s) in my pad probeer omseil het was die kanse goed dat ek in hulle sou vasjaag maar as ek meer aandag gegee het aan die bane(voordele) wat hulle vir my geskep het sou ek langer op my fiets bly.

Daar is baie situasies in die lewe wat voordeel bo risiko besluite verg, hierdie besluite is nie altyd maklik nie want niemand het ñ kristalbal om in die toekoms in te sien nie.Daarom is dit belangrik om ons risiko’s so te benader dat hulle vir ons bane kweek instede van toemaak.

Bly op jou fiets, ignoreer die klippe en kyk vir bane.