Advertising and the Absence of Jesus.

Ek sit nou die dag by my sussie by ñ Koffie winkel en kuier toe ek sien sy het haar notaboek van klas by haar.Sy studeer ontwerp en die notaboek is vol aantekeninge en ander doodles wat sy tydens klasse maak.

Ek is besig om die boek deur te blaai toe my oë die volgende opskrif vang Advertising and the absence of Jesus.

Natuurlik was ek nuuskirig en vra haar toe uit oor die snaakse sin.Sy het verduidelik dat hulle besig was met ñ studie oor reklame en dat die basiese teiken van reklame is om iemand te laat hunker na iets omdat hulle glo dat hulle lewens beter sal wees met dit as sonder dit.

Hierdie, het sy verduidelik, word reggekry deur baie slim te wees met die persepsie van die produk en ook die verwagting daaroor.Dit beteken baie beloftes, meeste van hulle leeg, wat veroorsaak dat mense aanhou produkte koop omdat hulle dit koppel aan die volmaak van die leemtes binne hulle.

Ek was bietjie in die waas hoe Jesus toe nou sy opwagting gemaak het in die sin en vra haar toe uit daaroor.

Haar verduideliking was dat ons somtyds die geloofspad verkoop aan mense nes die mense wat werk in reklame.Ons sal groot beloftes maak oor hoe mense community en voorspoed kan beleef asook baie ander dinge wat in essensie waar is maar ook vals.

Met vals het sy vertel, dat ons baie keer al die gate binne mense probeer volstop deur die bogenoemde te belowe in plaas daarvan om die persoon wat eintlik bestem is vir die gate aan hulle voor te stel.

Terwyl sy dit vir my verduidelik het, het ek opnuut verstaan wat dit is om in God te glo en ook wat dit beteken om ander aan Hom voor te stel.Ek het besef Ek sal myself die vraag moet afvra of ek besig is met ñ bemarkingsveldtog of die voorstelling van ñ persoon.

Dit is maklik om die twee te verwar, want Jesus bring tog die beloftes wat ek so graag gebruik om ander se aandag na ñ beter pad te trek, maar voor die beloftes is die persoon.

Die vraag is dan wie is die persoon?

Hy is natuurlik verskillende dinge vir verskillende mense, maar hy is een ding vir almal, Hy is die brug waaroor ons loop, die toegangskaartjie ja selfs die kode vir die slot.As ek mense aan hom voorstel is ek besig om die sleutel na ñ ander wêreld, ñ wêreld waar beloftes gehou word, te draai.

In elke lewe is daar ñ bemarkingsveldtog aan die gebeur, iets wat verkoop word, vriendskappe, liefde, ervarings…die lys is lánk, maar midde die veldtog is dit belangrik om te onthou dat ons as kinders van die Here geroep is daartoe om mense voor te stel aan ñ beter lewe propvol belofte maar meer as dit ook aan die persoon wat dit moontlik maak.As ons dit egter nie doen nie, as ons nie Jesus loodreg in die visier hou nie is ons besig met advertising and the absence of Jesus