Bevoeg.

Hoe bevoeg is jy?

Hoe bepaal jy wanneer iemand of jyself bevoeg is om ñ taak te verrig?, wat is die skaal wat jy gebruik?.

Ek het onlangs met ñ restourant eienaar gesels oor die opleiding van sy kelners in ñ coaching sessie toe hy my vertel van ñ model met die naam “The four stages of competence”.

Die model het die volgende vier fases waarvolgens bevoegdheid gemeet word:

  • Unconscious Unaware
  • Conscious Incompetence
  • Conscious Competence
  • Unconscious Competence

of in Afrikaans:

  • Onbewus Onbevoeg
  • Bewustelik Onbevoeg
  • Bewustelik Bevoeg
  • Onbewus Bevoeg

of in plat Afrikaans:

Ek dink ek weet alles.

Ek weet Ek weet niks.

Ek onthou alles wat ek moet weet.

Ek hoef myself nie te herinner nie, ek weet klaar.

In dié proses is daar twee kritiese oomblikke van oorgang waarsonder dit sou platval.Die eerste is wanneer iemand besef hulle weet nie alles nie, dit neem ñ man op ñ perd om dit te kan erken, dit vat ñ diep sluk trots om aan jouself t erken dat jy clueless is.Die ander oomblik is wanneer jy genoeg vetroue in jouself het om dit wat jy weet onwetend te beoefen.

Dit is oor dié twee oomblikke waaroor ek vandag wil skryf.

Ek is na skool vir ñ brug jaar Stellenboch toe, maar dit was nie sommer enige brug jaar nie, dit was ñ brug jaar gefokus op die ontwikkeling van worship leaders vir kerke.Ek het daar te lande gekom want al die ander brug jaar programme se aansoekke was gesluit en my pa het toe op grond van een verwysing my daarheen gestuur, so daar gaan ek toe na ñ musiek brug jaar toe, sonder enige ervaring in musiek.

Ons het ñ paar klasse gedraf, onder andere koor of vocal klasse.Ek het soos ñ seer duim uitgestaan, toe die Tannie ons stemme toets het sy amper ñ omleiding nodig gehad na my beurt, vêr van bevoeg af, ek onthou haar nota langs my naam “harde werk voor”, dit was ñ understatement.

Ons is na die stemtoetse volgens ons stemme in ñ koorklas ingedeel volgens ons stem tipes, almal het ñ tipe gehad; bariton, bas, alt en sopraan, behalwe ek, my stem was so, um, onbespeurbaar, dat ek in die middel langs twee baritonne geland het.Hulle werk was om reg langs my oor te sing sodat my brein kon hoor hoe om noot te hou, ek was gelukkig want ek het geweet ek kon nie sing nie, daarom kon ek leer, wel, nie dat ek na daardie jaar kon sing nie, maar ten minste kon ek weet wanneer ek van noot af is, maar ek sou dit nie kon doen as ek gedink het ek weet alles nie.

Daardie selfde jaar moes ek ñ ander skill aanleer; klankdrade oprol.Ek is die werk gegee want die enigste sinvolle bydra wat ek kon maak vir daardie span was om die klanksisteem te help op en afslaan aangesien ek nie kon sing of musiek maak nie.Dit beteken speakers dra, drade koppel en mike stands opslaan.Die ingewikkeldste van al hierdie take om te leer was drade oprol.Dit klink dalk eenvoudig maar ons praat nie hier van drade rol soos jy jou verlengingskoord oor jou skouer tol nie, nee hierdie was ñ ander dier, jy moes die draad in jou regterhand hou en met jou linkerhand feed sodat die draad netjies in ñ sirkel sou saamkrul, ek weet dit is ñ vae beskrywing, die punt is dit was moeilik om te leer.

Dit het my lank gevat om te leer hoe om die draad te rol maar die langste deel van die proses was om verby die “rympie” te kom wat ons gebruik het om te onthou hoe om dit te doen, die rympie was “over right, under left”.Ek het uiteindelik beweeg na die laaste deel van die bevoegdheidsproses waar ek nie myself moes herinner aan die rympie nie maar dit net automaties gedoen het, ek het myself vetrou.

So hoekom sal ek ses honderd woorde en drie minute van jou tyd neem om die twee stories te skryf oor bevoegdheid?, om jou aan te moedig.

Dalk gaan jy deur ñ challenging tyd, wie weet dalk is jy op ñ plek wat dinge gebeur het wat jou laat voel het soos ñ beginner of dalk is jy op ñ plek waar jy jouself én die proses moet vertrou en na die volgende vlak beweeg.

Doen dit!, hou koers, wees eerlik oor waar jy is, embrace wat jy nie weet nie, jy kan net oorweldig word as jy jouself oorskat.


*As hierdie vir jou ñ sinvolle artikel was share hom asseblief, dankie.*