Waaroor gaan die Kompetisie?

Wat die Olimpiese spele ons kan leer van kompetisie

Die Rio spele is nou in volle swang, my Facebook feed is oorlaai met stories daaroor, van rekords wat spat, swembaddens wat groen word tot Chad se snaakse boks roetine voor hy deelneem.

Ek het onlangs in ñ YouTube video gehoor van Pierre De Coubertin, wat ook die vader van die spele genoem word, ek het nog nooit van die Franse historikus gehoor nie en dit was interessant om te hoor dat ñ sport toernooi vanuit academici sy wortels kry.

Pierre De Coubertin
Pierre De Coubertin

Pierre het ñ hele paar sêgoed gehad maar die een wat hy seker die bekendste voor is, was sy omskrywing van waaroor die spele regtig gaan.Pierre het die volgende gesê:

In sy gedagtes was deelname en die manier hoe jy dit doen kern aan die gees van die spele en nie om te wen nie.Die aanhaling klink amper asof dit kom uit ñ Disney fliek soos Remember the Titans of Cool Runnings en dis so liries dat dit amper verwyderd voel van realiteit.

Ek sal myself nie as ñ baie kompeterende mens beskryf nie, nie naastenby nie, of dit nou Uno, Skaak, raakrugby of Monopoly is, ek het net nie daardie skakelaar in my wat wen so belangrik maak nie.Ek onthou hoe ek en my broer, wat baie kompeterend is, pool sou speel en hoe hy soveel beter as ek gespeel het maar so frustreerd kon raak as ek nie omgegee het as hy my vir die vierde agtereenvolgende stel wen nie, vir my was speel nog altyd lekkerder as wen.

Dit is nie te sê dat iemand wat aspireer om te wen slegter af is nie, ek dink iemand soos ek wat nie veel gepla daaroor is nie ook sekere risiko’s loop.Waarvan praat ek?, soos met baie dinge in die lewe is daar altyd ongesonde ekstreme wat dit wat goed is verander aan dit wat nie gesond is nie.Iemand soos ek sak byvoorbeeld moet waak teen ñ houding van complacency terwyl iemand wat weer groot is op kompetisie versigtig sal moet wees om te invested daarin te raak.

So hoe kan ons Pierre se sentimente oor die gees van die spele ons eie maak?

1. Neem deel.

Ons kan alles wat ons nie voor mik nie mis.Elke keer as ons wag om deel te neem is nog ñ keer wat verspeel is, ons is gemaak om deel te neem.Ons hoef nie aan die olimpiese spele deel te neem om deel te hê aan die opgewondenheid wat dit by die atlete ontlok nie.

2. Ken jou sterkste opponent.

Chad en Micheal is ñ epic rivalry hulle is altwee op form en daar is net een eerste plek, tien teen een het hulle mekaar se swemstyle bestudeer om te kyk vir startegiese voordele wat hulle kan uitbuit, daar is net een eerste plek.Wie is jou taaiste opponent?, wie is die persoon wat die strafste kompetisie is vir jou?, antwoord, jyself.

Geen ander persoon ken jou so intiem soos jyself nie, geen ander persoon kan jou swakpunte so goed uitbuit soos jy nie.Daarom is dit belangrik om daardie persoon te ken en vertroud te wees met wat hy of sy van jou weet, en seker te maak hulle trek in dieselfde rigting.

3. Kyk die podium van bo af.

Instede daarvan om die podium von voor te kyk, kyk van bo, hoekom?, ñ eerste en ñ derde plek lyk presies dieselfe van bo af, dis nie te sê dat mens nie aspireer na dinge toe nie, dis net dat jy perspektief behou oor wat presies jy bereik.As ons nie daardie perspektief behou nie sal ons altyd opkyk na ñ podium se drie onewe trapies en nooit ons pogings in balans met ons resultate kan plaas nie.