Draaiboek in ñ Woolworths Ry.

Gister is ek besig om te soek vir ñ nuwe jean in Woolworths toe ek verby ñ seun en sy ma stap wat besig is om ñ intense gesprek te voer oor ñ belt.
Ma: “Andreas mens dra nie ñ buckle so groot soos ñ stuurwiel by ñ formele broek nie!”.
Seun: “Ma verstaan nie dit is die styl wat nou in is…”.
Soos ek in die ry staan merk ek al meer ma’s en tieners om my beweeg, toe besef ek dit is wragtigwaar matriekafskeid tyd.Die jaar is verby.
Ek staan toe nog so jean onder die arm en wag toe die volgende gesprek voor my afspeel tussen twee ma’s en een se dogter.
Ma 1: Anzel ek is so bly ek kon uiteindelik vir Freddie ñ broek kry wat pas, ek het amper gedink ons gaan Bloem toe moet ry vir een”.
Ma 2: Jy kan bly wees jy het ñ seun Erica, ons soek al weke lank vir Nadine ñ rok”.
Ma 1: Ja jong, as Freddie net nie so besluiteloos was nie kon ons lankal al sy suit gehad het, ai die kinders”.
Ma 1 haal toe haar selfoon uit en wys vir Ma 2 fotos van haar seun met verskillende uitrustings aan.
Ma 1: “Kyk net hoe mooi het hy gelyk met die strikdas, maar nee, hy wou niks weet nie”.
Dogter: “Ja dit het hom beter gepas as die das, mansmense”.
Ma 2: “Aitsa Erica hy lyk sommer baie handsome jong!”.
Ma 1: “Ja my seuneman, en volgende jaar is hy weg op universiteit, ek kan dit nie glo nie”.
Die kassier vra vir die volgende kliënt en die drie is vort na haar, hulle is steeds reg voor my, so ek kan alles hoor, flippen bak ore help ook nie as jy nuuskirig is nie!
Dogter: “Gaan Pa betaal vir sy swottings ma?, hy skuld ma mos amper elkgeval twintig duisend rand.”
Ma 1: “Nee Denise, jy weet mos hoe werk jou pa, ek sal dit seker maar ook betaal”.
Ma 2 skud haar kop en sê “Jy’s baie beter as ek Erica, ek sou hom laat betaal het vir elke sent!”.
Ma 1 antwoord nie, haar gesig strak en oë hartseer daarin.
Die kassier se scanner breek die akward stilte.
Ma 1 het klaar betaal en wag nou dat Ma 2 se goed opgelui word, toe Ma 2 moet betaal is sy R20 kort, sy gee ñ harde sug en vra Ma 1 vir geld om te leën. Ma 1 gee vir haar ñ bruin noot.
Ma 2: “Dankie Erica, ek sal sommer nou gaan trek en vir jou teruggee”.
Ma 1: “Nee man, dis mos nie iets nie, ander dag kort ek weer iets dan vra ek jou net”
Hulle is toe daar weg.
Praat van ñ draaiboek in ñ ry…