Drie Alarms vóór Oujaarsaand.

Die drie alarms wat jy gaan hoor voor 31 Desember.

Die oomblik as ek kersversierings sien in ñ winkel begin my jaar se stuiptrekkings, voor dit is die einde van die jaar vir my ñ vae realiteit, amper soos flou teë, jy weet wat jy proe maar jy weet nie wat om daarmee te maak nie.

Jy het seker jou eie manier om vrede te maak dat die jaar einde se kant toe staan, dalk is dit die email met die rsvp datum vir die werksafsluitingsfunksie of miskien wanneer jou vriende vra oor jou Desember planne, wie weet, een ding is seker ons almal het so ñ alarm.

So gepraat van alarms, min mense hou van hulle, ñ alarm is immers gemaak om jou te herinner, wakker te maak of aan te moedig.Hierdie skrywe gaan oor al drie en hoe jy die beste kan maak daarvan.

Die Alarm wat herinner.

Ek is amper doodseker daarvan dat die woord herinner afgelei is van ñ samestelling tussen die woorde “her” en “hinder” wat beteken as iets jou herinner is dit eintlik besig om jou te verhinder om te vergeet.

Ons vergeet maklik, nes die Isrealiete in die woestyn wat vergeet het God bestaan nadat hulle deur die see is, ons vergeetagtigheid is meer gekoppel aan ons belewenisse as ons geheue.Sommige dinge sal jy nooit vergeet nie want dit is ingeprent by jou.

…as iets jou herinner is dit eintlik besig om jou te verhinder om te vergeet.

Ons Gr. 10 Afrikaanse onderwyseres het ons geleer hoe om die woord “interessant” reg te spel deur te verduidelik dat die woord een rok (verwysend na die letter r) en twee skoene( verwysend na die letter s) het, tot vandag toe nog zoem my brein in op daardie prentjie van ñ rok en skoene as ek die woord interessant lees.

Haar prentjie herinner my aan die regte spelling van ñ woord, jy het jou eie prentjies en hulle herinner jou, of verhinder jou om gemaklik te wees met wat jy vergeet het, dalk is dit die tyd om die rok en skoene te tel.

Die alarm wat wakker maak.

My alarm is op my gewrig, ek gebruik my horlosie se vibrate funksie om my wakker te maak.Dit is nooit lekker om met ñ wekker wakker te word nie, ek kan op my een hand. die kere tel wat die wekker my nie vanuit my drome geruk het nie.

Wakker word is nie pret nie maar dit is nodig.Dit is nodig om realiteit te betree want dit is waarvoor ons gemaak is, om te ervaar.In ñ droom is jy ñ toeskouer van jou gedagtes, jy kan nie ñ droom bepaal nie, jy is op die kantlyn, nie eers op reserwe nie, baie vêr van die aksie af.

…reserwes speel net as iemand seerkry, toeskouers neem nie eers deel nie, wil jy regtig daardie sluimer knoppie druk?

Soos die jaar uitloop kan ons onsself vra of ons toeskouers wil wees van die laaste dae daarvan en of ons gehoor wil gee aan die alarms wat by ons opkom om ons tot aksie te roep, reserwes speel net as iemand seerkry, toeskouers neem nie eers deel nie, wil jy regtig daardie sluimer knoppie druk?

Alarms wat motiveer.

Daar is min dinge wat soveel energie losmaak as wanneer jy herinner word aan iets wat voorlê waarna jy uitsien en ñ verwagting van koester. In ñ sekere sin sou ek sê ek is nogal afhanklik van verwagting, veral as my week rof is, dan is daar min dinge wat my krag gee soos as ek onthou ek gaan visvang die naweek of vriende kom kuier…ens.

Om energie te genereer vanuit jou reserves daarvan is soos loadshedding op jou siel, een deel kry krag terwyl die ander deel swoeg onder die las.

Hierdie tipe alarms het een voorwaarde en dit is dat jy hulle self moet stel, die ander alarms kom vanuit ñ plek van plig, waar motiverings alarms gebore word uit plesier.

Die tyd van die jaar is dit belangrik om energievlakke te bestuur vanuit verwagtings reserwes en nie energie reserwes nie.Om energie te genereer vanuit jou reserves daarvan is soos loadshedding op jou siel, een deel kry krag terwyl die ander deel swoeg onder die las.

Om energie te skenk deur verwagtings. is baie meer effektief want dit kom vanuit die toekoms na die hede, in die hede is daar reeds faktore wat energie honger is wat vars energie verbrand die oomblik as dit land, maar energie vanuit verwagtings is nie gekoppel aan die hede nie en daarom is dit meer effektief, dit brand langer, tot by oujaarsaand.

Show your support

Clapping shows how much you appreciated Duplessis Janse van Rensburg’s story.