Is Jy Hier?
Om hier te wees

Hier, waar is hier?, wanneer is hier?, wanneer begin hier en wanneer eindig dit?, kan ek op twee plekke gelyk wees?, waar is ek dán?.
ñ Mens kan baie vra vra oor wat dit beteken om teenwoordig te wees, gewoonlik is dit maklik om die vraag te antwoord wanneer ons dit moet besluit oor ander mense.Dit is makliker om te weet wanneer iemand anders nie teenwoordig is nie as om daardie selfde prognose oor onsself te maak.
Ons vind dit moeilik om eerlik te wees oor ons eie afwesigheid omdat ons bevooroordeeld is, ons knoei onsself om met vergelykings met ander mense of ons verkoop die idee aan onsself dat meer beter is, meer is mos altyd beter, want kwantiteit is beter as kwaliteit, of so glo ons.
Om teenwoordig te wees is nie altyd maklik nie, of nee wag, om teenwoordig te wees is nie altyd geleë nie.As ek teenwoordig is beteken dit my aandag is nie verdeel tussen twee plekke nie.Dit is ongeleë want waarom sal ek net een ding op ñ slag wil doen as ek twee, selfs drie dinge, kan doen?, hoekom is een ding nie genoeg nie?.

In Afrikaans is daar ñ gesegde wat lui; “Ek het te veel hooi op my vurk”, dit beteken iemand het meer druk as wat hulle kan hanteer wat op hulle inwerk.Hoekom oorlaai ons ons vurke?, want ons verwysing na aandag is verkeerd, ons glo aandag is baie sterk, soos daardie jannie verjaar koeldrank wat ons gedrink het op partytjies toe ons kinders was.Jy kon met ñ 200ml Sweeto botteltjie amper agt twee liter bottels koeldrank aanmaak.

Aandag is nie sterk nie, dit is duursaam.
Aandag is sterk, maar dit is nie gemaak om verdun te word nie, want so gou jy dit verdun raak dit generies en goedkoop, en ons almal weet wat is die verskil in prys tussen oorspronkike produkte en generiese produkte is, aandag is nie generies nie en daarom is dit duursaam.
Die gevolge van volgehoue afwesigheid is baie goed uitgebeeld in die fliek Click waar Adam Sandler in speel.Die kruks van die storie is dat ñ pa, gespeel deur Sandler, ñ afstandbeheer kry waarmee hy sekere dele van sy lewe kan fast forward sodat hy meer kan regkry by die werk.Hy begin deur etes, konflik, slaap en allerhande ander dinge te fast forward, tot hy op ñ dag agterkom die remote het ñ autopilot funksie wat aanleer watter dele jy verby spoed en hulle automaties vinniger maak.
Die uiteinde is dat hy kern dele van sy storie gemis het omdat hy afwesig was van daardie oomblikke, hy was op autopilot, wanneer ons aandag verdeeld is, is ons op autopilot.

Hoe kan ons beter wees om aanwesigheid te kweek?, hier is ñ paar voorstelle:
1. Een ding op ñ slag.
Multitasking is ñ mite, nie omdat jy nie twee take gelyk kan doen nie, maar omdat jou aandag nie ten volle by altwee gelyk kan wees nie, wat maak dat jy wel die taak verrig maar nie so goed, of vinnig, soos jy dit sou doen as al jou aandag op dit alleen was nie.Die ander, groter rede is dat mense nie take is nie, ons kannie mense doen nie.
2. Bepaal jou “hier”.
Die Chinese filosoof Lao Tzu het die volgende te sê gehad oor die vrug van ons gedagtes: “If your are depressed, you are living in the past.If you are anxious, you are living in the future.If you are at peace, you are living in the present”.Die beste plek om tyd te spandeer is hier, nou.
3. Draai die volume af.
Ek weet nie van jou nie maar ek draai gewoonlik die radio se volume af as ek moet konsentreer, ek weet nie hoekom nie, maar ek kan net beter konsentreer op die aanwysings as die volume sagter is.Dalk is dit tyd om daardie notification oor te sien of om die “geraas” wat jy beheer oor het af te doof, sodat jy die aanwysings kan volg.