Jou ideale posisie.

As dit kom by spansport is dit belangrik dat elke spanlid sy rol of posisie verstaan sodat die span effektief kan saamwerk, wanneer ñ span reg aanmekaargesit is, is die resultaat bo gemiddelde spanwerk en resultate.As ñ span vol spanlede is wat nie reg posisioneer is nie is die span sy eie vyhand, in plaas daarvan dat die spanlede vir mekaar werk, werk hulle teen mekaar, natuurlik nie aspris nie, maar bloot omdat hulle nie funktioneer vanuit ñ plek waar hulle effektief kan bydra nie.

Ek was eenkeer op ñ mannekamp toe daar sokker gespeel is een middag.Ons is opgedeel in twee spanne en het begin speel.Na ñ ruk het ek gehoor hoe die ouens vra vir meer spelers on terug the val as verdedigers, ek het die wat teruggeval het dopgehou vir die volgende paar minute soos ons gespeel het en besluit dit lyk vir my soos ñ rol wat my sal verveel.Hulle het baie min deelgeneem aan die spel tensy die ander span deurgebreek het en hulle dan moes probeer om die aanval af te weer.

Ons het so aanhou speel tot een van die ouens in my span wat ñ verdediger was uitgeval het en ons iemand gekort het op verdediging, omdat ek toe moeg was en wou rus het ek toe aangebied om sy rol in te neem.Die eerste keer toe die ander span deurbreek en ek moes verdedig het ek dit baie meer geniet as toe ek op aanval was, iets in my het net gekliek met verdediging.

Na ñ ruk het die ander ou teruggekom en ek kon weer kies waar ek wou speel, the spyte van my oortuiging kies ek toe weer om vorentoe by die aanvallers stasie in the neem, ek het dit gladnie soveel geniet soos die verdediging nie maar iets in my woun nie luister nie, iets wou nie die posisie vervul wat die beste vir my en die span was nie.

ñ Maand later is ek weer gekonfronteer met die idee van ideale posisie.Iemand het in ñ saal in ons buurt ñ volleyball net opgesit en my genooi om saam te speel.Ek was nog altyd mal or volleyball maar my skouer haak soms uit as ek dit in sekere posisies bo my kop hou so daarom het ek dit al minder gespeel.Ek het toe die uitnodiging van die hand gewys op grond van my skouer besering.Die persoon wat my genooi het, het toe vir my gesê dat dit nie saak maak nie want dit beteken net dat ek ñ baie goeie digger sal wees.

ñ Digger in aksie.
ñ Digger in aksie.

ñ Digger is volleyball het een doel, hy patroleer die agterkant van sy span se deel van die baan en “dig” alle balle wat te vinnig of hoog is vir die ouens naby die net om the slaan.Die naam digger is afkomstig van die manier hie jy die bal met jou twee hande opslaan of dig sodat die ander spelers dit kan speel.As jy ñ digger is mag jy nie die bal oor die net slaan nie, my mag slegs die bal herwin sodat jou spanmaats voor jou dit kan gebruik om ñ doel aan the teken.

Ek het my gate uit geniet om die digger the wees vir my span, dit was lekker on te weet dat hulle kanse op sukses by die net in ñ groot mate afhanklik was van hoe goed ek die bal vir hulle kon herwin van agter af.In die situasie kon ek nie anders as om my ideale posisie the geniet nie want my skouer het my gekeer om buite daardie ritme the beweeg.

Ek en jy beweeg gereeld van ons ideale posisie na ons wenslike posisies.Wenslike posisies se oorsprong is die verbeelding.Verbeelding opsigself is nie wat ons kniehalter nie maar die hebsug wat so maklik daarin skuil, ons eie wense en nie die ideale posisie wat die situasie vereis nie word dan ware noord.

Drie maniere om jou ideale posise the eis.

1. Filter jou verbeelding.

Dit klink dalk snaaks maar alhoewel ons verbeelding ons kan inspireer om ongelooflike deurbrake na te blog kan dit ons ook soms belemmer.Jou verbeelding is joune, wat beteken dat dit gemaak is om subjektief te werk met jou as die onderwerp.Die kuns is om dit wat jou verbeelding vir jou bring van alle kante te bespeur en nie net van die eie kant nie.

2. Let op jou beserings.

Nes my skouer my gestuur het na ñ plek waar ek werklik kon bydra en ñ ideale posisie vervul kan jy dalk ook baat daarby om na jou “beserings” the luister, instede daarvan om hulle te ignoreer.

3. Beweeg.

Dit is een ding om te besef wat jou ideale posisie is, dit is iets heel anders om dit aktief uit te soek, dit verg beweging.Soos meeste dinge in die lewe loop bitter min geleenthede van verandering agter ons aan, daarom is dit belangrik om dit pro aktief uit the soek.Beweeg.


As hierdie artikel vir jou sinvol was sal dit gaaf wees as my hom kan deel met jou vriende op Fadebook.

Show your support

Clapping shows how much you appreciated Duplessis Janse van Rensburg’s story.