Leiers volhard.

Hoe om te volhard.

Elke jaar op varsity het ons ñ proses met die naam L.E.a.D gehad wat gestaan het vir Leadership-Evaluation-and-Development.Die doel van die proses was om nuwe studenteraadslede te aan te wys.

L.E.a.D het drie dae geduur waarin ons in spanne ingedeel is en sekere take moes verrig, van duimgooi Tafelberg toe en terug van Somerset-Wes af, kaskar bou en 800 meter die see inswem om ñ boei, alles in die naam van leierskap.

Nie almal het van die proses gehou nie, sommiges het skielik siek geraak en obskure doktersbriewe as bewys gehad van hulle aandoenings ander het weer die minimum gedoen en ñ laer profiel gehandhaaf as ñ Ford Sierra in die flats.

Elke oggend voor die program begin het, het ons ñ admin sessie gehad in ñ saal waarin die dag se verloop deurgegee is, meermale was die meeste van ons vroeg daar en dan het een van die studente ñ liedjie gespeel oor die klanksisteem om almal in die mood te kry. Teen die laaste oggend was almal redelik uitgelei en dit was altyd die oggend waarop daar een spesifieke liedjie gespeel is, Daniel Beddingfield se I gotta get trough this.

I gotta get trough this.

This

Ons almal het ñ this.This’se is dinge wat ons net wil, of moet, deurkom.Prosesse wat ons neem na plekke toe in ons gemoed wat ons nie lank wil bly nie.Een van my this’se is wanneer ek voel ek het meer dinge op my stok as wat ek kan dra, dik, vetterige swaar this’se.

Die ding met die this’se is dat hulle nie hulself kan lei nie en daarom van ons afhanklik is om dit te doen, as ons hulle nie lei nie sal hulle ons mislei.

Hoe om this’se te lei

1. Besluit op jou that.

As daar een ding is wat ñ this laat glimlag is dit die afwesigheid van ñ that.Om dit meer eenvoudig te stel, eers dit dan dat, first this then that.Om deur iets te kom beteken om die dat te sien want dan verander die dit in ñ trap en nie ñ slagyster nie.

2. Definieër jou this.

Jy kan nie ñ jagbaadjie aantrek na ñ troue nie, nog minder ñ pak na ñ braai, dieselfde geld vir jou this. Die grootse vraag by ñ this is wat is die dress code.Die foute wat ons maak lê gewoonlik by die voete van swak interpretasies.ñ This veroorsaak reaksie, soos wanneer dit kouer word en jy ñ baadjie aantrek of as dit warmer word en jy van hom ontslae raak, net so gee ñ this vir ons die geleentheid om te kies wat ons aanhet.

3. Die then.

Tussen jou this en that is daar ñ then.ñ Then is wat gebeur net na die this en net voor die that, dit is ñ plek van momentum, amper soos die terugswaai van ñ golfer se stok.Die then bepaal die that en gee ook definisie aan die this.Die groot keuse by die then is waarheen jy jou energie konsentreer want dit lei op die ou einde na jou that.