Maak die storm stil.

ñ Paar gedagtes oor woede.

In die eerste Avengers fliek aan die einde is daar ñ scene waar ñ massiewe alien afpyl op die helde.In die scene is hulle flou geveg en dit lyk of hulle stryd gaan verloor, dan van nêrens af nie maak Bruce Banner, of die Hulk, sy verskyning.Hy gaan staan tussen die helde en die bloeddorstige alien wat teen ñ groot spoed oppad is, maar hy het nog nie verander in die Hulk nie.Een van die helde vra hom dan “Bruce now may be a good time to get angry.”, waarop Bruce antwoord, “I’m always angry”, waarna hy dan eensklaps verander in die Hulk en die alien keer met sy krag.

Toe ek die fliek vir die eerste keer kyk het dié scene my bygebly, ek is nie seker hoekom nie, dalk omdat ek dit nie heeltemal kon verstaan nie, hoekom het hy gesê hy is altyd kwaad, hoekom het dit gehelp?.

Die antwoord, dink ek, lê daarin dat woede nie bedoel is om onderdruk te word nie, ek self het nie ñ kort humeur nie maar my lont is ook net so lank, êrens lei dit tot ñ ontploffing.ñ Ontploffing is niks anders as opeengehoopte energie wat in een oomblik gelyk vrygestel word nie, die energie ontsnap by die swakste area rondom dit wanneer die druk te veel raak.In daardie oomblik van ontlading is daar geen kans op beheer nie, die beste wat jy kan doen wanneer iets ontplof is om skuiling te soek wat jou sal skerm teen die skokgolwe en stukke puin wat na jou toe skiet.

Ek het eenkeer ontplof tydens ñ raak rugby wedstryd toe een van die ouens teen wie ek gespeel het vir die soveelste keer my laatgeloop het met sy skouer.Ek het hom gewaarsku dat hy moet ophou en toe jy dit weer doen het ek hom geslaan met die vuis, die gevoel van verligting was vlietend gevolg deur ñ gevoel van berou wat dae lank by my gebly het, selfs nadat ek hom om verskoning gevra het, het dit ñ ruk gevat om vrede te maak met die gevolg van my woede.

As ons ontplof is die gevolge daarvan baie eenders aan ñ bom wat ontplof, niemand kan dit beheer nie en almal om ons moet skuiling vind om die skok en pyn wat daarmee saamgaan vry te spring.

Die skok lê in die geweld van die onverwagse, soos wanneer ñ kind se ballon bars in ñ restaurant, daardie eerste paar millisekondes na die geluid is elke sel in jou liggam kromgetrek met vrees, vrees is gemoedsgeweld, woede baar geweld.

Die pyn ontstaan van dit wat ons doen of sê wanneer ons humeur ontvlam wat ons meestal eensklaps berou, die pyn, meer as die skok, is wat woede gevaarlik maak want pyn baar pyn en dit vorm ñ siklus.ñ Atoombom skep pyn deur seker the maak atome bots teen mekaar, met elke botsing vergroot die hoeveelheid energie wat vrygestel word, hoe meer botsings hoe meer pyn.

Hoe maak ons die botsings minder?

1. Moenie bang wees vir die stoom nie.

Bruce Banner se,“I’m always angry”, antwoord som ñ geheim agter die kuur vir woede uitbarstings op.As ons toelaat dat ons woede in die skadus wandel van wie ons is maak ons onsself oop vir ñ opbou van energie met geen damwal of pressure valve nie, woede is deel van ons soos ñ druk deel is van ñ pressure cooker.Jy kan niks sinvol doen met ñ pressure cooker as jy nie bereid is om die druk te verlaag as die tyd reg is nie, the vroeg en die kos is rou, te laat en die kos is oorgaar.

2. Lei jou woede.

Ons kan probeer om ons vrese te bestuur, maar op die ou einde is hulle dan ondergeskik aan maatreels instede van grense.Maatreels is reaktief en kan verander, grense is proaktiewe strukture, hulle keer iets voor dit werklik skade aanrig én hulle het wagte op wat die horison dophou.Grense verg leierskap en per implikasie ñ persoonlike aandag, ons vrese is nie gras wat elke nou en dan gesny moet word nie maar bonsai’s wat aandag verg.Leierskap ontneem woede van een van sy kern voedingsbronne, reaktiwiteit, daarsonder is die slaankrag daarvan baie minder.Lei jou woede, moenie dat dit jou lei nie.

3. Maak dit vas.

Niemand verloor werklik hulle humeur nie, hoe kan iets wat verlore is steeds bruikbaar wees?, in plaas daarvan om na jou humeur the kyk as iets wat jy kan verloor probeer na dit kyk as iets wat jy moet vind.As jy iets vind leer jy waar dit vandaan kom en dalk ook hoe dit daar beland het in die eerste plek, en met daardie kennis kan jy vêr gaan.


As die artikel sinvol was is jy welkom om hom the share met vriende op Facebook.

Show your support

Clapping shows how much you appreciated Duplessis Janse van Rensburg’s story.