Moenie jouself dood dra nie.

Een ding op ñ slag

Ek was eenkeer besig om my tannie te help om haar inkopies in te dra na haar huis, ek het probeer om ñ waatlemoen en drie ander sakke op dieselfe tyd te dra.Ek was oppad na die voordeur toe sy sien hoe ek waggel-waggel, steunend en kreunend probeer loop, het sy haar kop geskud en vir my gesê “ñ Lui mens dra homself dood”.

Dit is al jare na daardie dag in my tannie se driveway maar haar woorde bly my steeds by, en sedert daardie dag het hulle heelwat ander toepassings gekry vir daardie sê-ding as groceries, want jy kan dinge dra sonder jou hande, binne jou, en in die hande van die binneste is daar net soveel plek.

As dit dalk vir jou melodramaties klink google depressie en kyk hoe die statistieke lyk waar mense oorwerk is, hulle hande is oorlaai, want êrens verkoop ons aan onsself die illusie dat ons meer as een ding op elke hand kan dra, en dat hande vol sakke dui op vaardigheid en vernuf, die boot raak dan vinniger leeg, en die boot moet so vinnig as moontlik leeg raak, hoekom?, sodat ons vinniger by die volgende vol boot kan uitkom.

Wat kan ons doen om meer volhoubaar om te gaan met hoe ons, ons hande besig hou, sodat ons nie onsself dood dra nie?, daar is ñ paar dinge wat hierdie luiaard kan voorstel.

Sit die wekkers af

ñ Wekker is gemaak om te wek, as ek myself dood dra kan dit wees dat ek wekkers gestel het om my te herinner aan die volgende taak wat ek moet doen, omdat ek dan bewus is daarvan verander my intensies waarmee ek dra.Ek dra nie net meer die sak nie, ek hou die wekker ook vas, my fokus is op dit wat kom en nie dit waarmee ek besig is nie, daarom is my hande vol, wel, net een, want die ander een hou ñ wekker vas.

Jy gaan die sakke vinniger uitpak as jy nie net een hand hoef te gebruik nie, los die wekker.

Haas minder.

Enige aktiwiteit wat gekoppel word aan haas lei of floreer daaronder, haas is hoekom daar wêreldrekords is, haas is nie hoekom Michelangelo vier jaar spandeer het aan die Sistene kapel se *fresco nie.Haas maak dat jy dinge mis, dinge wat jy by jouself redeneer misbaar is, en in die proses die ander stem stil skree, daardie stem wat by jou pleit om die pas te verlaag, minder te haas.

Jy kan nie vinnig deur die wildtuin ry nie, jy kan, maar jy gaan niks sien nie.

Dra jou sakke asof jy in die wildtuin is, en luister na daardie stem.

Kyk wat is in die sakke.

As jy sakke uit ñ katterbak neem sonder om te kyk wat daar in is loop jy die risiko om ñ kombinasie te vat wat te swaar is en ongemaklik dra, dan dra jy dit vinnig en jou vingers kry sulke snaakse rooi hale op soos jou agterstewe op laerskool na ñ pakslae.

Dit is baie belangrik om op te let wat ons optel want dit bepaal hoe ons gaan dra.Hoe swaarder die sakke hoe vinniger is die pas of hoe meer die stoppe.Stop eerder, rus, en stap dan verder.

Pouses is belangrik, rus.


Dankie dat jy tyd gemaak het om die gedeelte te lees.

One clap, two clap, three clap, forty?

By clapping more or less, you can signal to us which stories really stand out.