My eerste en laaste Surf.

ñ Storie oor St Francis sê golwe én ñ ontwrigte skouer.

So nooi vriende van ons om ñ langnaweek saammet hulle by hulle vakansiehuis in St Francis te kuier.ñ Paar weke voor ons vertrek vra die man my of ek al gesurf het waarop ek antwoord dat ek nog net gebodyboard het.Hy noem toe dat hy my gaan vat om te surf een dag van die naweek van die vakansie.

Ek doen toe wat enige man doen as hy voor ñ uitdaging staan wat hy nie ñ idee het om op te los nie en maak lig daarvan, ek skerts oor hoe ek hom gaan ore aansit in die branders en ook hoe ek hom ñ paar dinge gaan leer daar in die duinings.Hy het seker geweet ek panic en gee my toe ñ lekker wye grynslag, daai tipe wat ek myself verbeel ñ ou in die tronk jou mee begroet as jy by sy sel incheck.

Die oggend van die beproewing breek aan vroër as wat ek dit verwag het, ek voel hoe die adrenalien stadig maar seker versperei oor my lyf soos ñ eno pil in ñ glas, die meeste daarvan na my tong, want ek kekkel al van vroeg af soos ñ goedkoop parakiet in ñ warm petshop.Voor ontbyt, terwyl ons sit en koffie drink, kry ek toe sommer ñ kort crash course in hoe om orent te kom op ñ surfboard.

Die surf guru sit sy koffie neer en gaan lê plat op sy pens in die middel van die sitkamer.“Wanneer jy wil opkom moet jy jou bene onder jou inskiet en jy moet opdruk met jou hande” verduidelik hy soos hy die bewegings illustreer, “As jy eers op is maak seker jou center of gravity is laag, dan sal jy ok wees”, ek knik instemmend terwyl ek dieselfe gevoel kry as met die aflê van my bestuurslisensie toets, toe my centre of gravity gekramp het van spanning.

Ons ry toe strand toe en terwyl ons die bakkie afpak kyk my vriend die see so en merk op dat dit nie lyk of ons ideale toestande het vir lekker branders nie,hy merk op dat dit dalk goed is omdat dit my eerste keer is, met die aanhoor daarvan voel ek hoe my bloedsuikervlak styg.

Ons het die goed afgepak van die bakkie af en strand toe gedra, sambrele, handoekke, speelgoed vir die baba, stoele en die surfboards.Ek het maar my surfboard gedra soos die ouens in die flieks dit altyd doen, so asof hulle rondloop met ñ slingbag instede van ñ veselglas bord, omdat ek nie wou lyk soos daai outjie nie, hoe suksesvol dit was weet ek nie.

Nadat die strand kamp opgeslaan is was dit tyd om die wet suits aan te trek, ek het ook nog nooit een aangehad nie en kyk toe maar hoe Meneer surf dit doen en na-aap hom .Terwyl ek spook om dié swart strengel sak aan te trek onthou ek, ek het ñ noot, ñ grote, en weeg my opsies op, ek kan die hele aantrek gedoente staak, al my vordering tot niks maak en myself gaan verlig in die badkamer, ek kan ook net knyp of ek kan in die ding piepie so gou ek in die see kom, ek besluit toe om te knyp.

Die swart full body skinny jean het ek pas aangetrek gekry toe my vriend te voorskyn kom met twee goeters wat lyk soos otterpote wat gemaak is van dieselfde materiaal as die wet suit.“Dupie trek hierdie booties aan, dit sal jou voete beskerm teen die rotse” sê hy soos hy die goed vir my gee, great dink ek, nous ek die ou met die booties ook.

Ek stap toe saammet my vriend na waar ons die see gaan ingaan en net voor ons instap laat weet hy my hy gaan gou bid, soos hy altyd maak voor hy inswem.In sy gebed sê hy dankie vir die mooi dag en ook die voorreg om die natuur te geniet, hy eindig met ñ versoek vir beskerming van strome, haaie en beserings en sê amen, strome, haaie én beserings dink ek, gelukkig is is hy deeglik in sy versoek.Die gebed is skaars koud toe ons inloop, nee wag, ek strompel val-val soos ñ ou wat ñ hou op die ken gekry het van rots tot rots terwyl hy kiertsregop en moeiteloos inloop.

Ons is net agter die brekers toe ek sien hoe my guru vriend op sy bord gaan sit. Aangesien almal om ons ook soos hy op hulle borde sit het ek gedink dit is ñ goeie idee om dit ook te doen, tot gevolg dat ek myself meer as ses keer gedip het voor ek besef het ek is nie aangelê vir dié toertjie nie.Daar lê ek toe soos ñ platanna op ñ warm spoelklip en wag vir ñ golf.

Ek het ñ wyle so gelê toe ñ duining kom wat gelyk het soos ñ goeie golf om te ry, ek paddle toe my hart uit om hom te vang en probeer al die instrukies onthou van die sitkamer, ek was nog so besig om te paddle toe my skouer skielik ontwrig.

My skouer het die eerste keer in matriek uitgehaak in ñ rugby wedstryd en sedert daardie dag elke nou en dan as ek sekere aktiwiteite doen.Daar dryf ek toe, tussen rots en see met ñ ontwrigte skouer, gewoonlik wanneer dit gebeur is dit net nodig om te ontspan vir ñ oomblik en die skouer glip terug, maar met golwe wat elke ses tellings oor jou kop breek en rotse wat al nader kom was dit makliker gesê as gedaan.

So strompel ek toe maar af-skouer klippe langs strand toe terwyl my skouer êrens in die proses darem weer vanself terug skiet in posisie.Op die strand aangekom sukkel ek om die wetsuit uit te trek, die ding is nou nat en sterk, soos ñ gesoute drinker.Ek stoei hom af en dwaal terug na my vrou waar sy by ons baba sit onder die sambreel ñ ent weg.

By haar aangekom vra sy “Hoe was dit?”.

Show your support

Clapping shows how much you appreciated Duplessis Janse van Rensburg’s story.