Perke.

Hoe om perke te stel, ken en onderhou

Perke, is een van daardie woorde wat snaaks klink en lees as jy dit oor en oor herhaal.Deesdae leef ons in ñ wêreld wat of dolverlief is op perke of dit verafsku.

Perke of grense, soos dit ook geken word, ontlok vir ñ rede verskillende reaksies by mense, party mense sukkel om te funktioneer waar daar nie duidelike grense is nie, ander mense voel weer benoud as daar perke om hulle is, mense verskil as dit kom by perke.

Die verskil in hoe mense grense sien is die rede vir baie misverstande en konflik omdat die twee groepe, die wat hou van grense en die wat ligter daarmee omgaan, dikwels mekaar misverstaan.

Iemand wat hou van grense sal gewoonlik so hou moontlik hulle neerlê op direkte of indirekte maniere. As hulle grense nie gerespekteer word nie sal hulle sterk waarskuwings uitstuur om dit duidelik te maak dat die grense oorskry is sodat dit nie weer gebeur nie.Hulle hoe van die gevoel van beheer wat grense bied.

Mense wat nie baie gepla is met grense nie, verkies om aan die grensdrade te vat om te weet hulle is daar, hierdie tipe mense sal ook meer as gereeld grense toets, hulle DNA is om te verken en die gevoel van risiko wat daarmee saamgaan is waarop hulle leef, om vry te voel is balangrik vir hulle.

Ek is ñ pliggie so ek katagoriseer myself definitief nie onder die “draadsoekers” nie maar eerder die “draadspanners”.

Die rede hoekom ek gekies het om oor perke te skryf is dat ek al ñ paar keer in my lewe altwee kante van my pro-grens houding gesien het, want soos alle dinge is daar twee kante daarvan.Die goeie daarvan is dat meeste mense weet waar hulle met my staan, die slegte is dat ek dalk blind kan wees teen my grense wat onrelevant geraak of onnodig is.

Ek is seker die van julle wat as “draadsoekers” identifiseer sal seker ook die voor en nadele daarvan kan uitwys.Die punt is daar is verkillende maniere om met perke om te gaan en daarom is dit belangrik om te weet hoe om mense met verkillende uitgangspunte as ons eie te hanteer.

Ek wil voorstel dat goeie rigtingwysers van die hantering van grense is hoe ons perke stel, hoe ons ander s’n erken en hoe ons , ons eie onderhou. Die drie verwysings kan bydra tot ñ gesonder manier van perke beskou.

Hoe ek perke stel.

Grensdrade het gewoonlik twee, nee, drie elemente, daar is pale, draad en hier en daar ñ merker wat aandui watter deel van die eiendom dit is of aan wie dit behoort.Die pale verleën stabiliteit, terwyl die draad versperring bied en die merker konteks oor die heining.

Dieselfde geld vir ons grense, wat gebruik ons as ondersteuning vir die heining?, hoe sterk is die “pale” wat ons gebruik, is die draai lemmetjies draad of ogies draad?, is die grense eie aan ons of is dit eintlik nie wie ons is nie?.

Hoe ons perke erken.

As jy nie aandag skenk aan drade, mure of heinings nie gaan jy êrens in een vasjaag, wat tot skade kan lei, vir jou én die persoon wat hulle opgerig het, daarom is dit belangrik om grense te erken, jy wil nie deur iemand se muur bars nie, sement is duur, verhouding is soveel duurder.

Hoe ons perke onderhou.

Grense moet nagegaan word, somtyds word hulle beskadig en moet versien word, ander kere moet hulle verskaf of afgelsuit word, daar is niks meer irriteerend as ñ eksta hek om deur te gaan of ñ ompad wat jy moet ry omdat die regte pad versoen word nie.

Gesonde grense is grense wat evalueer word.


Dankie dat jy tyd gemaak het om die artikel te lees.