Priori(tyd).
Moenie bedrog pleeg met jou tyd nie

Tyd is ñ baie kosbate kommoditeit.Die waarde daarvan lê daarin dat dit uitputbaar is, daar is net soveel tyd in ñ dag, dan is daardie tyd verby, virewig.ñ Ander rede hoekom tyd belangrik is, is omdat ons dit kan spandeer, ons sal maklik sê; “Ek gaan tyd hieraan spandeer”, wat dui daarop dat tyd amper soos geld kan wees, al verskil is daar is nie ATM’s vir tyd nie.Time is money.
Daar is ook nie iets soos ñ kredietkaart vir tyd nie, jy kan nie tyd wat jy nie het spandeer nie, jy kan ook nie ñ oortrokke fasiliteit kry op jou “tyd rekening” nie.Maar daar is balju’s wat jou kan kom besoek sou jou tyd besteding nie byhou by jou begroting nie, balju’s soos haas, verhoudings wat verbrokkel en doelwitte wat nie bereik word nie.
Jy kan tyd steel ook, jy kan dit steel van ander mense af deur tyd wat hulle wil hê by jou op te gee vir tyd wat jy wil hê vir jouself, baie na aan bedrog.Jy kan tyd steel by jouself ook.Hoe steel mens tyd by jouself?, jy neem tyd wat jy belê het in ñ sekere doel en herbelê dit in ñ ander tydsverdryf, weer baie na aan bedrog.
Wat sê ek tot dusvêr?
- Tyd is kosbaar.
- Tyd is uitputbaar.
- Ons kan bedrog pleeg met tyd.
So hoe kan ons beter omgaan met tyd?
Grense.

Dit wat nie geëin word nie behoort aan almal, as jy nie jou tyd eien met grense nie sal mense daarop kom plak, en jou tyd sal nes grond sy waarde verloor.Hoe lyk die grensdrade?, hoe span ek my tyd toe?
Deur twee vrae te vra en daarvolgens te beplan:
- Is dit dringend? en,
- Is dit belangrik?
Daar is ñ groot verskil tussen dringend en belangrik, dink daaroor.
Dit is nie waar dit stop nie, want die vrae kan verskillende antwoorde hê:
-Dringend maar nie belangrik nie. -Belangrik maar nie dringend nie. -Nie belangrik of dringend nie. -Belangrik en dringend.
Die sisteem om take te prioritiseer is deur ñ Amerikaanse generaal ontwerp om sy weermag meer effektief te laat funktioneer.In sy model verdeel jy alles wat jy moet doen, jou to do lys onder die vier katagorieë wat hierbo gelys is.Hieronder is ñ voorstelling van hoe dit sal lyk op papier.

Ek gebruik al twee jaar die metode en dit het my gehelp om my tyd meer effektief te gebruik.Ek het dit begin gebruik omdat ek nie geweet het wat om eerste op my lys van take te doen nie, en dit het gehelp dat ek minder bedrog pleeg met my tyd.
Ek hoop dit sal jou help om jou tyd beter te belê.
*As die skrywe vir jou sinvol was share dit op Facebook of Twitter met jou vriende, dalk sal hulle daarby kan baatvind.*