Toestemming.

Gee jouself toestemming

My Ma het my geleer om te vra voor ek neem en ook hoe om vrae te antwoord, met ñ nee of ñ ja.In die proses het ek geleer hoeveel krag ñ ja of ñ nee kan dra, dit kan ñ dag, gemoed en jou toekoms maak of breek.As ek iemand iets vra, vra ek nie eintlik vir wat ek wil kry nie, maar eerder vir hulle toestemming om dit te neem.

My Oupa het altyd gesê vra is vry en weier daarby, hy het verstaan dat om te vra vir iets ñ stuk vryheid is wat jy uitleef, want as jy nie die vrymoedigheid het om te vra nie is daar ñ stuk vryheid wat ontbreek, al is die antwoord nee, om te vra beteken om te hoop.

Ek moes al ñ paar moeilike vrae vra vir mense, ek moes my Pa vra vir ñ tweede brugjaar, ek moes van my vriende vra om my te help toe ek nie geld gehad het nie, ek moes mense vra om my te vergewe, die lys gaan aan, maar van die moeilikste vrae moes ek vir myself vra, en antwoord.

Voorbeelde van wat ek myself al moes vra is:

  • Wat gaan ek swot?
  • Gaan ek met haar tou?
  • Is ek reg vir Pa word?
  • Hoe gaan ek hulle vergewe?

Die moeilikste persoon vir wie jy toestemming kan vra is jouself.

Dit klink dalk snaaks maar ek is seker jy kan aan een situasie dink waar jy jouself moes toestemming moes vra, toestemming om te rus, volhard, besluit, vertrou, kanselleer, veg….ens, daar is soveel dinge waarvoor ons toestemming voor vra vir niemand anders as ons self nie.

Om jouself toestemming te gee kan moeilik wees vir baie redes; dalk vertrou jy nie jouself nie, miskien wil jy nie met jouself praat nie want jy hou nie van jouself nie, of dalk voel jy jy het nie toestemming nodig nie, introspeksie is dalk nie jou ding nie.

As ons nie intensioneel onsself toestemming gee nie sal ons altyd nee vir ñ antwoord kry, wanneer ons ontneem word van ñ plek in ons binneste waar ons selfondersoek kan toepas sal ons altyd ietwat ontuis voel in wie ons is, amper soos ñ hemp wat ñ size te klein is, bedruk en moeilik om in te beweeg.

Sodra ons ñ spasie skep waarin ons onsself kan toestemming gee is daar ñ eerliker, gelukkiger self wat na vore kom, een wat vertrou word en geag word, een wat van liefde weet omdat dit liefde ervaar, een wat versoen is met homself en nie skarrel van een kruk na ñ ander een nie, een wat kan luister en oorweeg, een met genade vir homself, een met hoop.

So volgende keer voor jy settle vir ñ nee, applleer daarteen en gee jouself toestemming.