Vreesaanjaende Besluite.

Hoe vrees jou beter besluite kan laat neem

As besluite net so maklik soos kop knik of skud was sou die lewe baie meer eenvoudig wees, maar besluite is nie net kopkantel nie, hulle weeg neer op jou en kruisonderva jou, en op die ou einde moet jy steeds kies.

Ek was mal oor die reeks Band of Brothers waarin ñ groep soldate se lewens afspeel teen die agtergrond van veldslae die tweede wêreldoorlog.In die een episode is hulle vasgevang in ñ vallei tydens winter en omring deur die vyhand.Hulle spook om hulle kamp se grense te onderhou terwyl die vyhand hulle dag en nag met mortiere aanval.Die soldate kry ñ nuwe leier nadat hulle leier omkom in so ñ aanval.Die nuwe leier is nie gewild nie, vir geen ander rede as sy onvermoë om besluite te neem nie.Die quote wat hy my vassteek is wanneer die een karakter sê “Sergeant Smith wasn’t a bad leader because he made poor choices, he was a bad leader because he never made one.”

Die soldate se leier kon baie redes gehad het waarom hy traag was om ñ besluit te neem, dalk was die druk te veel, miskien het hy nie die nodige informasie gehad om hulle te neem nie, of dalk was sy keuses baie moeilik en wou hy nie verantwoordbaar wees sou hy die verkeerde keuse maak nie.

Al die redes maak sin, maar nie een van hulle het gelei tot ñ besluit nie.

In die episode het ander karakters toegetree en die besluite wat die leier moes neem gemaak om konsternasie te voorkom.Dit is die best case scenario, maar as ons nie besluite neem nie word hulle namens ons geneem, dikwels nie op die manier wat gepas is nie.

In die Disney fliek Inside out word vyf emosies uitgebeeld as karakters wat binne ñ kind se kop woon.Die karakters het elk hulle eie funksie, en word op verskillende maniere uitgebeeld.Die karakter met die naam Fear is konstant besig om risiko’s te assesseer en probleme te voorsien tot groot frustrasie van die karakter Joy wat heeltyd op soek is na die silwer randjie.Fear se rol is om die kind veilig te hou deur haar te beskerm teen moontlike gevare.Fear se uitdaging is om nie te oorreageer en sodoende alle entoesiasme uit te doof nie.

Ek het lank na die film nog aan Fear gedink, en hoe my eie vrees my soms kan laat verstar wanneer ek eintlik moet beweeg.Vrees speel ñ massiewe rol in besluitneming, dit beskerm ons van oorhaastige besluite en dryf ons ook om vinnig te kan besluit.Jy kan baie van jou beste en swakste keuses verbind met hoe gehoorsaam of ongehoorsaam jy was aan jou vrese.

Hoe kan ons meer vreesaanjaende besluite neem?

1. Herkou.

Die ou mense het gesê as jy nie behoorlik kou nie gaan jy naar wees en magmerries kry.Ek dink wanneer ons nie tyd neem en ons vrese herkou nie kan ons dalk besluite neem op grond van wat ons kan doen om die vrese sou gou moontlik af te sluk, in plaas daarvan om dit te oordink en die wysheid wat daaruit kom te kan nuttig.

2. Spoeg uit.

Niemand hou van ou kos of suur melk nie, ou vrese dien geen doel nie.Leer om die verskil tussen vrese wat vars is en vrese wat se sell by date verby is te onderskei.Om aan te beweeg is om ñ les te leer, nie om die les saam te dra as sinisisme nie.

3. Sluk.

Jy kan nie ñ bord kos eet as jy nie sluk nie, jy kan mooi happies neem, lank kou en selfs die chef komplimenteer, maar dit gaan nie help om die kos in jou maag te kry nie, jy moet sluk.Sluk die senuwees, drink ñ bottel verwysing en vertroue as dit moeilik raak, maar sluk!

Show your support

Clapping shows how much you appreciated Duplessis Janse van Rensburg’s story.