Wagwoorde, slotte en Bendehuise.

Hoekom jou Wagwoorde saakmaak.

Geloofwaardigheid is nog altyd belangrik, my oupa het altyd gesê sien is glo en vat is wragtig, en hy was reg, ons wil sien voor ons glo en tas voor ons aanvaar, selfs wanneer dit by onsself kom.

Toe ek tien was het ek en die buurseun ñ bendehuis gebou in die bosse van die erf wat leeg getaan het in ons straat.Nie een van ons huise se erwe het bome gehad vir ñ boomhuis nie, daarom was ons boomhuis ñ grondhuis, of soos ons hom genoem het, die boshuis.

Die grootste uitdaging van die boshuis was sekuriteit, as jy ñ boomhuis het kan jy toegangsbeheer toepas deur die leer of trappe wat na bo gaan te versper, in die boshuis moes ons ñ manier kry om te weet wie oppad of naby is.

Ons het daarom ñ sisteem van wagwoorde uitgedink.As een van ons binne was en vermoed het iemand is naby sou ons die geluid van ñ duif namaak, as dit een van ons bendelede was sou hulle terug die geluid maak en ons sou weet of ons die ingang kon oopmaak of nie.Jy gebruik wagwoorde as jy nie kan sien of tas nie, wanneer jy moet staatmaak op iets anders vir sekerheid.

Ek en jy gebruik wagwoorde al het ons nie boshuise nie.Ons gebruik hulle wanneer ons keuses maak, hulle is of eenvoudig of kompleks, afhangend van die keuse.Wagwoorde kan daarom ons beskerm of ons beperk.

Ek het ñ slot gekoop om die locker by die gym te sluit as ek daar is, ek verkies ñ kode tipe slot bo een met ñ sleutel,bloot omdat ek nie ñ sleutel wil ronddra nie.Elke keer as ek by die locker kom moet ek die kode onthou, ek is afhanklik van die kode meer as die slot vir toegang, sonder die kode is die slot niks werd nie, die slot se bruikbaarheid hang van die kode af.

ñ Paar vrae:

  • Watter kodes of wagwoorde is daar in jou lewe, en wat beskerm hulle?
  • Watter kodes mag jou dalk beperk?
  • Watter slotte is al te lank toe?

Ek skryf om jou aan te moedig om die oorsprong van jou kodes te ondersoek.As ons kodes uitdink vir slotte is hulle gewoonlik verbind aan ñ herinnering of iets wat in ons gedagtes ingeprent is sodat ons dit maklik kan onthou.Die manier hoe ons wagwoorde maak vir onsself het ook ñ oorsprong.Ons sal sekere goed nie doen nie omdat ons ñ negatiewe konnektasie daaraan verbind.

Ek is in Graad 10 deur ñ motor van my fiets afgery oppad skool toe, gelukkig het ek nie seer gekry nie maar vir twee maande daarna kon ek nie fietsry oor die kruising waar ek getrap is nie, ek het aanhou dink iemand gaan my raakry, so het ek elke keer van my fiets afgeklim en dit oor die kruising gestoot, tot ek eendag weer besluit het die ongeluk was ñ ongeluk en weer my fiets begin oorry het.

Ek moes tot die punt kom om die ongeluk se wagwoord te gebruik om die beperking van die slot uit die weg te ruim.Wagwoorde is nie altyd skoon en klinies nie, somtyds kan hulle vuil en ingewikkeld wees, maar as ons nie ons hande vuil maak deur hulle in te stel en selfs te verstel nie sal ons nooit in die boshuis kom, die locker oopkry of oor die kruising ry nie.

One clap, two clap, three clap, forty?

By clapping more or less, you can signal to us which stories really stand out.