Watter Brille Dra Jou Vriende?

Ek moes die week ñ lesing voorberei oor John Maxwell se 21 laws of Leadership.In my voorbereiding het nommer 9 my aandag bly trek.

Die “wet” sê die volgende:

Die wet is baseer op die idee dat mense wat eenders is mekaar uitsoek en saam groepeer, of soos ons dit in plat Afrikaans sou sê “Soort soek soort”.

Hoekom soek soort soort?

Die vinnigste voorbeeld wat ek aan kan dink waar ek my soort soek is by ñ sosiale geleentheid soos ñ braai waar ek nie noodwendig almal ken nie.My soort wat ek soek, is die ouens wat omgee oor dinge soos nuus, tegnologie en mense, daar is nog ander filters maar dis die vinnigste drie wat ek nou aan kan dink.

Hoekom soek ek my “soort”?, wel op ñ praktiese vlak is dit baie makliker om te sosialiseer wanneer daar temas is wat ooreenstem, anders raak gesprekke soos tennis met lood bal.Afgesien van die sosiale oorweging is daar ook die emosionele kant, die deel wat my en ander mense soos ek laat voel hulle is deel van ñ groep, aanvaarding jou euwel.

maak my deel
maak my deel

Wat is jóú “soort”?, en hoekom soek jy hulle?

Die ander aanname wat die wet maak is dat jy nie net jouself skaar by mense soos jy nie maar dat jy ook meer sal word soos die tipe mense in daardie groep.Dink verkleurmannetjie.

soos wie word jy?
soos wie word jy?

ñ Groot vraag wat by my ontstaan terwyl ek hierdie skryf is watter groepe is in my lewe en watter kwaliteite het ek aangeneem om soos die mense in hulle te word?. As ek moes aanpas om in te pas hoeveel van myself gee ek prys om te pas by die groep?, en wanneer verloor ek myself in die groep?.

Die kort en die lank is dat ek en jy onsself skaar by groepe wat bestaan uit individue wat eenders as ons is en dat daardie groepe ons vervorm na die gemiddeld van daardie groep.Ons is, nee, word, die gemiddeld van die groepe waarin ons beweeg.Scary.

Daar is baie mense wat wag op ñ geleentheid wat hulle die kans sal gun om hulle lewe om te draai, amper ñ bestuuring, iets wat hulle die lisensie sal gee om dinge te verander.As ons vir so iets wag gaan ons virewig wag, daarom is die idee agter die wet belangrik.

Niks gebeur vanself nie.Elkeen van ons kan onsself elke nou en dan uitdaag om ons gemiddelde na te gaan deur intensioneel op te let wie bepaal ons gemiddeld en of hulle ons inspireer of laat stagneer.

Mense wat jou inspireer daag jou uit, hulle kyk in 3D na jou, mense wat jou laat stagneer kyk stip na jou meet jou net met een hoek as verwysing, en veroorsaak dat jy naderhand net een verwysing van jouself het.

In die movie Inside Out beweeg die karakters in ñ kamer in waar hulle van 3D na 2D tot 1D verander, soos hulle omskakel van die een na ander verloor hulle iets van wie hulle is, tot hulle baie aardig en misvormd lyk.

So wat is die takeaway?.

Die groepe in jou lewe kan jou inspireer of laat stagneer, maak seker hulle verander jou nie in ñ potloodskets nie.

Groei.