Verdrink

Het ek in die rivier se blou vedrink
sou die eik se glim-groen iets verklink

Ek moet laat gaan jou sterk bruin hand
wat slegs bestaan in my verstand

Soos n vars jong takkie moeilik breek
gaan le ‘n gedagte diep brand gesteek

Met elke oomblik se verwagting het ek gekyk
na hoe ek en jy sou lyk

Maar toe ek weer soggens wakker word
om te besef ek moet alleen gaan stort

Want jou boodskap het toe nooit gekom
my seerkry in ‘n stille traan vermom

Ten spyte van my woorde het jy onbewus
my toegelaat om jou te mis

Ek dink die blou was my oog
die groen my blinde hande hoog
in hierdie Oktober donker moeg gepoog.

Like what you read? Give Eben Verster a round of applause.

From a quick cheer to a standing ovation, clap to show how much you enjoyed this story.