Verlang na my Afrikaanse siel

Hoe sou jy dan eers kon raai, dat Afrikaanswees in die Suide van Frankryk, vir my die buitelyne van ‘n refrein kan skets, van ‘n deuntjie wat ek nog nie heeltemak kan uitmaak nie?
Nice, Frankryk

Nie ek, of enige van die manse wat bewus is van my bestaan, sal getuig dat ek die fynste van palette vir geregte of voedselprodukte besit nie. Ek het ‘n besondere komplekse, moontlik ongesond-obsessiewe verhouding met kos, en ek dink dit kan veilig opgesom word in een of twee stellings. Dis primer ‘n optimiseringsprobleem, waarondermeer, volume geprioritiseer word bo kwaliteit, en waar algehele satisfaksie in maaltye lankal terug verruil is vir die uikyk van ‘n brandstofverbruikeksperiment.

Ek was al menig male voorheen in my lewe medepligtig in die spandeer van astronomiese bedra geld vir klein porsies, aansitterige, multi-gang-maaltye, en het al so ver gegaan om te versoek dat my mense my eerder in vrede sal laat wanneer hulle versamel om te jubel oor hoe wonderlike ervaring dit dit is om te oorbetaal vir ingevoerde wyn en mini-koeksisters.

Ek ag myself ‘n spirituele persoon, en ek het al diep en meningvolle spirituele ervarings gehad met musiek (met en sonder toe toegveogde waarde van ‘n onlangs wettigverklaarde boomspesie), met gesprekke tussen my en Jana, sportsgeleentede wanner ons nationale rugby en/of krieketspanne wen en verloor, films, boeke, ensomeer.

Kos was nog nooit op my kalender vir hierdie tiepe ervarings nie. Ek het maar net aanvaar dat ander mense meer dimensies in hul palet ervaar as ek, en dat dit is iets waarmee ek gemaklik kan lewe.

Vanaand het ek en Jana, Naomi (haar suster) en my swaer Henk, gaan eet by Jan Hendrik van der Westhuizen se koswinkel, Jan, in Nice in die Suide van Frankryk. Dit was ‘n alomvattende ervaring, ‘n emsionele hoogtepunt van ‘n perssonlike worstelling wat verband hou, maar nie ‘n ooglopende konneksie met vanaand se ervaring maak nie.

Ek vra myself nou al die vraag vir ‘n rukkie lank: Wat beteken dit om ‘n Afrikaanse identieit te vind in ‘n moderne Suid Afrika? Ek gaan nou al vir ‘n geruime tyd deur ‘n baie intense selfevalueringsproses rondom rasverhoudings in Suid Afrika, spesifiek my uitkyk en persoonlike gemak rondom ras in Suid Afrika. Daardie spesifieke ekspidiese het homself met die woorde van Antjie Krog en Eusebius Mckaiser loop inkleur, so, so graag as wat ek dit meer deeglik in hierdie verhaal wil invleuel, verdien die intesiteit van daardie reis, sy eie brief.

Nietemin, ek vra myself, hoe kan ek, ‘n wit Afrikaanssprekende persoon, ‘n identiteit vir myself rergverdig in ‘n Suid Afrika, waar ek my eie grootste rasseskaamtes assosieer met my taal, die Afrikaans-stereotipese-boelie beeld wat ek met my teenwoordigheid uitstraal, die ou testament in my tweede naam, die konserwatiefrasistiese famililede wat ek liefhet. Hoe wees ek trots op ‘heritage day’, sonder om my medemens te herhinder van ‘n geskiedenis waar die Afrikaner hom van sy eie hoogs-trotswekkende medemenswees verraai het?

Ek moet herken, ek het nie verwag die oomblik sal gebeur tussen Kaapse broodjie en die Franse wyn vanaand nie, maar die gevoel was alle soorte poëties. Jana het aan Jan ‘n geskenk geneem vanuit Suid Afrika. In ‘n kaartjie het sy aan hom die volgende geskryf.

“Aan Jan, Van der Ham Liqueur vanuit my ma se kombuis in Pretoria”

En in daardie een sin kom die hele prent meteen vir my bymekaar. Ek sit halpad rondom die wereld, met ‘n Franse kelner wat homself byna bewusteloos glimlag toe ek gil, ‘bobotie!!’ toe hy die vierdie dis na die tafel aandra. Om pap en sous, en malva poeding, en marmite-biltong-happies, en rooibos tee, en Swartland wyn in oorspronklike Afrikaanse name bedien te word in ‘n Franse aksent, is ‘n tiepe tuis wat ek nog nie gevoel het in ‘n lang tyd nie. Die tiepe tuis wat ek van my kinderdae onthou, waar Afrikaanswees nog suiwer gevoel het. Die tipe tuiswees wat my laat verlang na ‘n Afrikaanse siel, waarna ek al ophou soek het. Vir die eerste maal in my volwasse lewe het ek vir ‘n oomblik onthou dat dit oukei is om Afrikaans te wees en dat daar ruimte is vir my in my eie prentjie van ‘n Suid Afrika waarop ek wil trots wees.

Die trots waarmee Jan, Suid Afrika na Frankryk geneem het, en die opregtheid waarmee hy Afrikaans na Frankryk geneem het, het die grondwerk gele vir my persoonlike sprituele ervaring wat ek nie sou kon voorspel ek sa vind in ‘n oorprysde aandete in die suide van Frankryk nie.