Afgelaai en volgelaai

Vyf weke in die ding, en ek het reeds `n “Oosterse vakansie” gehad. Didn’t see the visa run coming. Mense, was dit nie `n anti-klimaks toe ek met `n blye gemoed in Taipei land en nerens die skool se taxi opspoor nie. Om als te kroon, het ek na `n uur se wag en verkeer my foon in die taxi gelos. Genadiglik het die drywer gebel, nog voordat ons `n foon opgetel het. Halfagt die volgende oggend word die foon afgelaai. Afgelaai en volgelaai. In Suid-Afrika sou iemand nou `n paar honderd ryker wees. Ten spyte van die taalgaping, maak die verdraagsaamheid van Taiwanese my besoek die moeite werd. Sal eerder gebaretaal praat met iemand wat wil help, as om hoogdrawende verskonings te hoor oor hoe nalatig mens is en die klient 80% van die tyd nie reg is nie. Die ander 20% se beurse staan boep.

Terwyl my hart smag na biltong en Buffelsbaai, maak ek hom vol met gebed en deursettingsvermoe. Probeer steeds die dankbaarheid van my visa run hier voort te sit. My bed meer te geniet en twee keer te dink voor ek geld trek. Mens het nie juis `n ander keuse as jy gister emoji-kussings gekoop het (sal later foto’s deel) en vyf dae op `n lughawe uitgekamp het nie.

Like what you read? Give Jeandre du Preez a round of applause.

From a quick cheer to a standing ovation, clap to show how much you enjoyed this story.