Pa se honne
Terwyl ek in SA ‘n ingeboude alarm gehad het, skrik ek ‘n uur terug wakker en voel dat die aand darem vinnig verby gegaan het! Turns out, it was only 19:00 when I woke up after napping. Groot was die verligting dat ek ‘n volle aand van flieks en fantasie kon geniet. Soos ek hier lê, wys “Pretty Woman” op die kassie. My “ultimate” kleintyd-fliek. Al wat ek kan sê is, nostalgie is ‘n teef. ‘n Liefdevolle lab wat op die bed spring en jou voete blink lek. Dankie, Pa se honne. Jy laat my beter voel tussen die tifone en taalgapings.