“Shift happens”… floues!

Dit sous darem maar lekker op my ses week-herdenking in Taiwan. Seen met die reen, soos ek altyd se. Seen met die reen. Jammer vir die gebrek aan skryftekens, maar dis klaar `n wonder dat ek in gewone letters van hierdie sleutelbord kan tik. Ja nee, kyk. Daar moet eers “Shift” gedruk word om jou letters te herken. Anders gaan ek Chinese “shift” sonder `n “f” tik.

Maar in elk geval, `n man is darem gister betaal. Nie net ses weke se ervaring ryker nie, maar ook vier weke se betaling soos ek gister gese het. Van nou af, gaan 10 Augustus sentimentele waarde vir die man he. Dis juis hoekom ek hiernatoe gekom het. Om uit die nes te kom en my eie nessie te skrop. Die nessie mag klein wees, maar hy’s vol liefde en vreugde. Altyd `n kersie of tune wat aan die gang is. Ja nee, kyk. Dan’s ek ook sommer aan die gang. Moekie, jammer vir die lee nes-sindroom, maar ek’s seker dis `n droom om te weet dat Janna nou na homself kyk.

Behalwe vir die sakke, is DJ Listen steeds op `n rol. My repertoire het darem uitgebrei van “Listen!” na “Keep quiet!” en “No talking!” met `n stywe lagie sarkasme. `n Man wil darem nie `n “one-hit wonder” wees nie, al stem die stembande nie daarmee saam nie.