God is nie tas-sensitief nie.

Hy gril nie.

As ek klere koop het ek drie stappe wat ek volg.Die eerste is om die gepaste kledingstuk op te spoor in die winkel, die tweede is om daaraan dit te vat en die tekstuur daarvan te voel en laaste gaan ek die prys na om te sien of ek dit kan bekostig.

Hoe ñ hemp voel is somtyds vir my ñ groter oorweging as wat dit kos, nie dat ek elke hemp wat ek van hou koop nie maar ek voel eers daarvan voor ek na die prys kyk. ñ Hemp kan goeie prys hê, mooi lyk en reg pas maar as hy nie reg voel nie sal ek hom nie koop nie.

My tekstuur fiemies geld by vrugte ook.Ek hou baie van appels en lemoene, ons koop elke week twee sakke appels en een sak lemoene, meestal vir my want my vrou eet nie so baie vrugte nie. Aan die einde van ñ week is die die sakke gewoonlik leeg, behalwe wanneer die vrugte kneusplekke op het, dan bly hulle gehawend in die sak waarin hulle gekoop is, ek eet nie ñ appel met ñ kneusplekke op nie.

As dit kom by mense het ek ook sterk tas grense. Ek is nie wat hulle sou sê ñ touch mens nie, drukkies is vir my bedoel vir my ouers, sussies, boetie, vrou en kind. Ek vat ook nie sommer aan iemand nie, tensy ek hulle troos of gelukwens met ñ handdruk of ñ hand op die skouer, en selfs dan vat dit baie om aan hulle te vat.

Ek het die eerste keer gehoor van tas-sensitiwiteit by een van my kollegas wat ñ arbeidsterapeut was.Sy was besig om met ons dogter op haar skoot te speel met iets toe sy opmerk dat ons kind definitief nie tas-sensitief is nie.

Sy het verduidelik dat kinders wat wel tas sensitief is nie sommer aan enige tekstuur of oppervlak sal raak nie en dadelik sal reageer wanner hulle wel aan iets vat wat vir hulle gril of ongemaklik maak.

Ek is so bly die Here is nie tas-sensitief nie.

In die selfde asem maak dit my hartseer wanneer ek met mense praat wat dink Hy is.

Die probleem met so ñ siening oor God is tweevoudig.

Die eerste is dat wanneer jy glo God is tas sensitief jy Hom beperk tot ñ werksbank wat pynlik netjies is, per implikasie moet alles wat op daardie werksbank land ewe netjies wees anders maak hulle die tafel onnet.

Dit druis vir my in teen die skaapwagter-pottebakker beeld wat God van Homself skets in die Bybel.

Skaapwagters is nie netjies nie, hulle skape nog minder, ñ pottebakker se hande raak vuil en hulle dra voorskote met die merke van vorige skeppings daarop.

Die tweede probleem met ñ tas sensitiewe God is dat hy geïntimideer kan word deur wat in ons lewens aangaan. Dit beteken hy kan net in sekere areas funktioneer war dit vir hom gemaklik is, Hy word beperk.

As dit die geval is sal dit baie moeilik wees om intimiteit met Hom te ervaar want Sy liefde sal perke hê.

As ek stories lees van God wat Dawid se epic fail met Batseba vergewe en Jona se rebellie op die ken neem kan ek nie sien hoe a God beperk kan word nie.

God is nie tas-sensitief nie, Hy gril nie vir jou nie, Hy is lief vir jou, alles van jou.