Bitterbessie Busi is geskok.

Jaco du Plessis
qberi
Published in
1 min readFeb 17, 2018

Ek lees op Maroela Media dat Busisiwe Mkhwebane ‘met skok’ kennis geneem het van die hofuitspraak teen haar oor die Bankorp-verslag. Maar ek vermoed die eintlike rede waarom sy die suikerwater bestel het, was om die bitter pil te sluk wat die hof vir haar voorgeskryf het: “Betaal 15% van die Reserwebank se regskostes uit jou eie Capitec Rekening, Kader.”

Ek sien vreeslik uit na haar volgende verklaring wanneer sy oor haar floute gekom het, maar die winde van verandering het nou die laaste paar dae so sterk opgesteek dat ek dink haar roerlose skippie is, so te sê, op die Nuwe Suid-Afrika se rotse.

https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/ob-reageer-met-skok-op-hofuitspraak-van-bankorp-verslag/

--

--