Die Gier van die Uur is Hier

Jaco du Plessis
qberi
Published in
2 min readFeb 20, 2018

Vir ‘n brokkie wat handel oor geite kan seker niks beter wees as om ‘n amateur opname in die agtergrond van Hugh Masekela te speel wyl jy hier lees nie — want dis mos maar wat ‘n aardigheid is — die beunhaas* se ontdekking.

Kyk, ek is nie ‘n man vir voorspellings nie. Ek hou nie daarvan as mense die kar agter die berg gaan haal nie, maar vandag wil ék die bobbejaan voor die perd inspan.

En soos die huismark van die negentigs, die internet van die tweeduisende, die sosiale media van annerdag en die krip-geld van nou-die-week, is daar ‘n nuwe vraatsugtigheid wat ons môre-oormôre kan tref.

Ek praat van, soos die aartappelmense sê, die gesondheid uit die gronduit.

Die eerste geluide is al weke terug gemaak deur ‘n skofbaas wat ek ken. Hy het gesê ek moet koop. En ek het nie. My aandag was op onbeduidende dinge.

Maar die Wall Street Journal het dié wat kan hoor en sien vandag tot verstand geroep met die artikel “World’s Biggest Miners Emerge From Their Hole in a $200 Billion Comeback”

Maar hierdie is geen flits-flenter nie. Die slimkoppe is reeds agter die koop van die byl.

Al sukkel almal om die dokter se handskrif te ontsyfer, dink ek die troue van hoë pryse, fikse mynhuise en natuurlik die knap vraag na hulpbronne gaan lank hou.

Maar hier is die waarskuwing: teen die tyd dat die nuus jou buurman se braavleisvuur tref, is dit te laat.

Moenie sê die looneisers het jou nie gewaarsku nie! Groetnis, :-R

*beunhaas s.nw. Iemand wat geen vakman is nie en hom tog daarvoor uitgee; Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

--

--