Viva Las Guptas Baby

Jaco du Plessis
qberi
Published in
2 min readFeb 18, 2018

Ek lees vanmôre op Travel & Leisure van hierdie natuurlike uitsigbaddens vier uur se ry van die Mexikaanse hoofstad. Die Las Grutas Tolantongo. Dié warmbron is dadelik by my lys voeg van plekke waar mens kan gaan as iets by jou spook. Soos die vraag: Waar is Ajay Gupta?

Nou, ek sal bieg. Ek het nié gedink die volk gaan so mooi begin saamsing aan die poëtiese vryheidslied “Send-Me-Cyril” nie. Maar tog het oorle’ Hugh se opdragwysie almal aan die neurie.

Na privaat speurder Paul O’Sullivan gister ‘n loot van R100 000 op Ajay Gupta se kop gesit het, is die bedrag fluks opgjaag na R500 000 deur leunstoel aktiviste. En kort daarna het die poolse miljoenêrsmeisie Magda Wierzycka háár nommer gewys en die losprys met nóg R500 000 gestoot na R1 miljoen.

Sou ek nie van beter geweet het nie, kon ek sweer ek was by by ‘n buffel veiling.

Die probleem is net, hy is nie hier nie. Ek vermoed die betreurenswaardige lot het ons land getref op die lughawe, toe Ajay vir die grensbeampte sê hy vlieg Askam toe om spingbokke te gaan jag maar toe aanhou na Ajman, ‘n klein provinsie langs Dubai waar (as ek reg onthou) mense nie mag drink nie.

Maar al wie nou eintlik droëbek sit met die gemors is ons spul hier in Suid-Afrika.

Kortom hoop van harte dat die Sangboek van Cyril voorgeskrewe leeswerk word vir alle kripvreters — insluitend die wat ons nasionale grense beman.

--

--